Akademie
Aangepaste onderrig en praktiese opleiding vir elke leerder se toekoms.

Voorlesing in die kring
Amari Skool volg die D-CAPS-kurrikulum en akkommodeer leerders vanaf die jaar waarin hulle 7 word tot die jaar waarin hulle 18 word. Onderrig word by elke leerder se unieke vermoëns en behoeftes aangepas, en word van 14 jaar af aangevul met praktiese opleiding vir die lewe ná skool.
Akademiese Vakke
- Afrikaans Huistaal
- Wiskunde
- Lewensvaardighede
- Persoonlike en Sosiale Welstand
- Liggaamsopvoeding
- Skeppende Kunste: Visuele Kuns
- Skeppende Kunste: Uitvoerende Kuns
Vanaf 14 tot 18 Jaar
Vanaf 14 tot 18 jaar word die D-CAPS-kurrikulum uitgebrei met die volgende vakke:
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Natuurwetenskap
- Drie vaardigheidsvakke
Seuns
- Instandhouding
- Houtwerk
- Kuns en Handwerk
Dogters
- Gesondheidsorg
- Voedselproduksie
- Kuns en Handwerk
Ons Klaskamers
Klein klasse, konkrete leermateriaal en werk wat by elke leerder se vlak aangepas word — van tel met blokkies tot rekenaarvaardighede.

Groepwerk in die klas

By die lessenaar

Gereed vir die les

Werk met leermateriaal

Tel en leer

Praktiese wiskunde

Tel met blokkies

Die klas aan die werk

Klas in sessie

Voorlesing in die kring

Die juniorklas

Syfers en woordkaarte

Aktiwiteit by die groeptafel

In die klaskamer

Rekenaarklas

Ons rekenaarsentrum