Vaardigheidsvakke

Praktiese opleiding wat ons leerders voorberei vir die wêreld na skool.

Vier Amari Skool leerders in voorskote en haarnetjies hou bakplate vas in die kombuis

Trots met hul bakwerk

Alle leerders van 14 – 18 jaar word opgelei in drie (3) vaardigheidsvakke. Hierdie vakke berei hulle voor om na skool as assistente of hulpwerkers met die nodige toesig en hulp van gekwalifiseerde personeel by instansies te gaan help met realistiese en eenvoudige take.

Houtwerk

Seuns

Houtwerk is 'n vaardigheid waarin leerders leer om rou hout te gebruik om 'n groot verskeidenheid produkte te vervaardig. Dit kan musiekinstrumente, meubels, kaste, gereedskaphouers en ander produkte insluit wat die leerder interesseer en entrepreneursgeleenthede bied.

Leerders gebruik handgereedskap, kraggereedskap en masjiengereedskap, insluitend outomatiese masjiene, om projekte te voltooi. Die vak rus leerders toe met basiese houtwerk- en houtbewerkingsvaardighede en 'n begrip van die noodsaaklike beginsels om eenvoudige houtwerktake uit te voer.

Instandhouding

Seuns

Instandhouding is die studie van verskeie verwante vaardighede in die instandhoudingsektor, soos gesondheid en veiligheid, skoonmaak en goeie huishouding, basiese metaalwerk, meganiese, elektriese, loodgieters-, bou- en konstruksievaardighede.

Voedselproduksie

Dogters

Dit behels basiese voedselvoorbereiding en gaarmaak daarvan. Gesonde eetgewoontes en hoe om gesonde keuses te maak as dit by kos kom word ook behandel.

Die vak sluit ook kombuishigiëne asook die gebruik en versorging van kombuisgereedskap in.

Basiese Gesondheidsorg en Versorging

Dogters

Blootstelling aan basiese versorging van kinders, oumense en persone met gestremdhede. Die uitvoer van huishoudelike take, byvoorbeeld skoonmaak en wasgoed.

Klem word gelê op persoonlike versorging en netheid, asook bewusmaking van moontlike gevare wat in die werksomgewing of by die huis kan ontstaan.

Kuns en Handwerk

Seuns en dogters

Die leerprogram vir Kuns en Handwerk ondersoek kennis en begrip van 'n verskeidenheid materiale, tegnieke en werksprosesse – vanaf die ontwikkeling van idees en probleemoplossing tot die vervaardiging van kreatiewe kunswerke.

Kuns en Handwerk wek die kreatiewe vermoëns in elke leerder. Hierdie kreatiwiteit kan later in alle lewensfere en in die werkplek toegepas word.

Voedselproduksie in Aksie

Ons leerders leer kombuishigiëne, veilige gebruik van toerusting en die voorbereiding van kos — van deeg meng tot vars uit die oond.

Vier Amari Skool leerders in voorskote en haarnetjies hou bakplate vas in die kombuis

Trots met hul bakwerk

Leerders werk by die stowe tydens 'n voedselproduksieklas

Kombuisklas

Twee leerders staan by die stoof terwyl 'n derde leerder 'n bak uithaal

Voorbereiding by die stoof

Leerder glimlag langs 'n stoof met 'n kastrol op die plaat

Kook op die stoof

Leerder rol deeg gelyk in 'n bakplaat met 'n deegroller

Deeg word uitgerol

Leerder met handskoene druk deeg gelyk in 'n bakplaat

Deeg word gelyk gedruk

Leerder sny gebakte koekies in gelyke blokkies met 'n snyraam

Koekies word gesny

Leerders stel die oond se knoppies tydens 'n bakles

By die oond

Leerders haal 'n bakplaat met vars gebakte koekies uit die oond

Vars uit die oond