Kuns en Kultuur

Kuns en Kultuur is fyn verweef in elke kwartaal se bedrywighede.

Amari Skool se dansgroep in silwer en groen kostuums by 'n kunstefees

Ons dansgroep

By Amari Skool is die Kuns en Kultuur fyn verweef in elke kwartaal se bedrywighede.

Reeds in die eerste kwartaal, so tussen die sport deur, begin ons in die Kuns en Handwerk klas werk aan kunsprente vir plaaslike kunstefeeste. Elke onderwyser begin ook beplan aan 'n item vir die MelodrAmari wat jaarliks in Mei plaasvind. Die kinders leer die passies stuk-stuk aan sodat die dans in geheel van die tweede kwartaal af op die planke kan kom.

MelodrAmari

Ja, ons grootste fondsinsameling van elke jaar! Dié geleentheid wat jy nie wil misloop nie.

Die kinders se passie, samewerking en uniekheid bly jou vir lank by en maak dat jy weer en weer kom kyk hoe hulle die lewe aanpak en geniet. Ons as onderwysers kyk elke jaar trots terug en sien die groei in elke kind se menswees en die uitdagings wat hulle moes trotseer.

Kunstefeeste en Eisteddfod

Jaarliks ondersteun ons Welkom Volkskool en Goudveld Hoërskool se kunstefeeste deur kunswerke in te skryf.

Die LSEN-skole het in die derde kwartaal hul eie Eisteddfod op die been gebring en die Vrystaatse skole maak beurte om die spoggeleentheid aan te bied. Hier kry ons leerders weer geleentheid om hul danse op te voer, kunswerke in te skryf en die skoolkoor kry geleentheid om op te tree.

Skoolkoor

Amari se Skoolkoor sing by die prysuitdeling waar die beste Kuns en Kultuur persoonlikheid ook 'n spesiale toekenning ontvang vir die harde werk en kreatiwiteit.

Die MelodrAmari is ons grootste fondsinsameling van die jaar. Lees meer oor hoe jy ons kan ondersteun.

Meer oor fondsinsamelings

Kuns en Kultuur Foto's

Sien galery →
Amari Skool se dansgroep in silwer en groen kostuums by 'n kunstefees

Ons dansgroep

Amari Skool se skoolkoor sing op die verhoog by die prysuitdeling

Skoolkoor by die prysuitdeling

Leerders in tradisionele kostuums met tromme voor die kunstefees se toneel

Dansgroep met tromme

Leerders tree met kleurvolle serpe op voor beoordelaars in die skoolsaal

Optrede by die Eisteddfod

Ses leerders hou hul geskilderde kunswerke trots op

Leerders met hul kunswerke

Leerders sit voor 'n muur vol uitgestalde kunswerke

Kunswerke word uitgestal

Twee leerders met hul sertifikate van die Goudveld-Hoërskool Taal- en Kunstefees

Kunstefees-sertifikate

Groep leerders met hul sertifikate van die Goudveld-Hoërskool Taal- en Kunstefees

Deelnemers aan die kunstefees

Groot groep leerders met sertifikate van die Goudveld-Hoërskool Taal- en Kunstefees

Ons kunstefees-deelnemers